fbpx

Die Perfekte Kleurpalet

element1

Hierdie artikel is in afrikaans geskryf agv afrikaanse koerant publikasie.

 

Mens sou dink dit is so maklik soos om jou twee gunsteling kleure in skakerings saam te smelt en Ta-Da! Toe nie… Daar is immers ’n paar goedjies om in gedagte te hou met die beplanning van ’n kleurpalet.

 

Eerstens, jou ligging. Al het jy reeds jou voorkeur van kleur in gedagte, speel jou keuse van troulokaal ’n groot rol. Nie net die dekor en ondertone van die lokaal self nie, maar ook jou omgewing, natuurskoon, en spasie rondom jou viering. ’n Troue by die see maak eindelose opsies van blou, pers, en seegroen oop, gemeng met aardse seesand ondertone en spierwit. ’n Troue in die Kalahari vra weer vir bruin, rooi en oranjes. Plekke soos omskepte pakhuise of groot makititente is almal leë skyfies, wat beteken dat jy regtig so veel, of so min, van jou visie van kleure en styl kan uitvoer as wat jy goed dink. As jy reeds die perfekte plek gevind het, gebruik die spasie om jou te help met jou keuse van kleurskema. Op so ‘n manier werk jy nie teen ’n botsende kleurpalet nie en jou keuses verbeter die mooi van jou ligging.

Die tweede punt om in gedagte te hou is waar die troue plaasvind en die beskikbaarheid van dekor in jou keuse van kleure. Soms is dit moeilik om buitengewone kleure servette, tafeldoeke, stoeloortreksels, of dekor stukke in die hande te kry wat ook binne jou begroting pas (lees gerus ons artikel: ’n Groot dag op ’n klein begroting). Indien jou beskikbaarheid beperk is, en jy nie huiwer in jou keuse nie, kyk na DIY opsies. Bestel lap, hout of handwerk materiaal op die internet en waag om jou hande vuil te maak. Agterna kan jy nabye vriendine seën met ‘n tafeldoek en 10 bypassende servette ens.

Jou kleurskema skep ’n sekere gevoel of atmosfeer. Vra jouself eers die vraag, “wil ek ’n dramatiese gevoel ten toon stel deur gebruik te maak van donker rooie, pers, goud of swart dekor? Of wil ek eerder in ’n sagte, ligte, pastel rigting beweeg?” Dink aan die atmosfeer en styl wat jy wil voortsit. Of dit ontspanne of nostalgies is, en watter kleure bydra tot daardie gevoel.

Dink buite die boks, maar gebruik ook die kleurwiel se advies. Daar is basiese beginsels om in gedagte te hou as dit kom by bypassende kleure wat mekaar komplimenteer. ‘n Klassieke manier om jou kleurpalet te bou, is om ‘n helder, versadigde kleur met ‘n neutrale, soos violet en grys, of blos en goud, te koppel. Baiemaal speel die seisoen waarin jou troue plaasvind ook ‘n rol of kan gebruik word as maatstaf vir jou keuse.

Dit is maklik om vasgevang te word in die idee dat jy ‘n streng trou-kleurpalet moet hê aangesien dit die fondasie vorm van alle beplanning (byvoorbeeld strooimeisie rokkies, dekor items, blomme ens.). Gebruik jou kleurskema as ‘n riglyn. Die dae van tradisionele troues is lank nie meer en ons kan nou meer waag. Nie elke deel van jou troue moet perfek pas nie. In plaas daarvan, dink eerder aan jou troubeplanning in terme van styl, formaliteit, tekstuur en die atmosfeer wat jy graag wil skep. Lekker beplan!

Truandie Louw
Web Designer
& Bloggist

A wife and mother. Promoter of noticing the beauty of the little things in life. Owner of ncweddings.co.za 

NC Weddings | Northern Cape Wedding | green kalahari | south africa
Only the best in comprehensive wedding supplier choices and innovative ideas to plan your Northern Cape dream wedding.
www.ncweddings.co.za

Wedding Expo 2023 Magazine

Wedding Expo 2023 Magazine

Wedding Expo Magazine  Kalahari Mall successfully hosted their first-ever Wedding Expo, which took place on 1 to 5 September 2023 at Kalahari Mall located in Upington, Northern Cape. This event was a true celebration of love and a remarkable gathering of...

read more