Trouklokkies en Dou
Met lente om die draai, is die ideale geleentheid om anders te wees, tot jou beskikking. Iets wat al hoe meer kop uitsteek in die trou industrie is onbyt troubeplanning.
Hierdie artikel is in afrikaans geskryf agv afrikaanse koerant publikasie.
‘n Mens geniet ontbyt amper so baie soos troue bywoon. Geregte soos French toast met spek en worsies, sout happies, kaneelrolletjies en plaaslike gebak, tesame met vars gemaakte koffie, Mimosas of Bloody Mary’s, laat mens reeds jou lippe lek. As dit kom by ontbyt kos keuses, is jou opsies eindeloos en dit alleen maak reeds ‘n sterk saak vir hoekom ontbyt troues die ideale keuse mag wees.
Hou ingedagte dat daar altyd gesondheids bewuste gaste ook bywoon. Oorweeg meer gesonde of vegetariese opsies ook, soos vrugtejogurt, eierwitomelette, gepocheerde salm, sushi of garnale, groentetertjies, volgraan gebak of slaai happies.
En om ‘n bietjie “flair” by te voeg, dink bo die gewone deur lemoen-geurige skons en okkerneut piesangbrode voor te sit. Vir nagereg kan jy wortel, suurlemoen of koffie koek oorweeg. Wafels, pannekoek of selfs donuts kan ook die perfekte alternatief wees tot ‘n traditionele troukoek. Natuurlik is die welbekende “macaron” ook ‘n smaakvolle en stylvolle keuse.
Maak nie saak of jy opsoek is na ‘n elegante, formele troue en of jy ‘n rustige informele atmosfeer verlang nie, ‘n ontbyt troue kan of deftig, of informeel wees op grond van jou voorkeure. Die kleure en dekor kan maklik die formaliteit van die gebeurtenis weerspieel soos die bruid mag verkies. Jou troue kan intiem wees, of self n groot gastelys hê, die ‘brunch’ konsep is maklik om in enige situasie toe te pas, danksy die verskillende bekostigbaarheidsfaktore by die spel.
Die tipiese ontvangs tyd vir so ‘n onthaal, is gewoonlik rondom 11uur. Jou gaste se mae is dalk nie reg om swaar kos dadelik te hanteer nie. Sit ‘n koffie kroeg voor vir die gaste wat nog slaap uit hul oe kan afvee. Hou in gedagte dat die konsep jou regmaak tydskedule beinvloed en dat jy baie vroeg gaan moet begin tof en tooi. Dit is wel ‘n eenvoudige feit dat met n vroeë troudag gee dit jou meer tyd om saam met jou gaste te spandeer. Afhangende van jou seremonie tyd, kan jy getroud wees, ‘n wonderlike onthaal hê en om 2uur vir jou wittebrood vertrek. Met ‘n vroeë troue kan jy ook geld spaar, aangesien Saterdagaande die norm is wanneer dit by trou besprekings kom. Daar is ‘n kans dat jy ‘n afslag op jou huurgeld kan kry.
Laaste, maar beslis nie die minste nie, is die feit dat ‘n buitelug dag troue jou toegang gee tot wonderlike natuurlike lig, wat ideaal is vir jou trou foto’s. Om hierdie perfekte beligtingstoestande te hê, sal help verseker dat jou trou foto’s pragtig vertoon om vir ‘n leeftyd gekoester te word.
Daar is ‘n paar dinge om aan te dink voordat jy ‘n ontbyt troue bespreek, maar as jy goed beplan, kan jy uitsien na ‘n oggend wat jy en jou nuwe eggenoot nooit sal vergeet nie. Lekker beplan!
Truandie Louw
Web Designer
& Bloggist
A wife and mother. Promoter of noticing the beauty of the little things in life. Owner of ncweddings.co.za
Only the best in comprehensive wedding supplier choices and innovative ideas to plan your Northern Cape dream wedding.
www.ncweddings.co.za
Wedding Expo 2023 Magazine
Wedding Expo Magazine Kalahari Mall successfully hosted their first-ever Wedding Expo, which took place on 1 to 5 September 2023 at Kalahari Mall located in Upington, Northern Cape. This event was a true celebration of love and a remarkable gathering of...
It’s A New Season
We turn the page to new ownership and congratulate Laetitia Strauss & Colette Botha.
RSVP “Maybe” ?
Postpone, cancel, or forge ahead? A pandemic just isn’t a part of a bride’s plans.