Valentynspiekniek – Gerieflik, intiem en bekostigbaar!

element1

Hierdie artikel is in afrikaans geskryf agv afrikaanse koerant publikasie.

Valentynsdag is nie net vir verliefdes, verlorenes, verloofdes en getroudes nie.  Wat ookal jou siening mag wees van Valentynsdag;  deur die regte bril te dra en anders te kyk;  kan jy ‘n geleentheid sien om net vir een dag daardie bietjie ekstra “lief te hê”.  Soms in ons gejaagde lewe het ons ‘n dag soos Valentynsdag nodig om daaraan herinner te word dat liefde niks kos nie.  Dis ‘n gebaar, woord, whatsapp, drukkie, ‘n waarderende kyk … dis ‘n geskenk-dag om liefde teenoor ander  te bewys!

Ncweddings.co.za het hierdie tema-dag as geleentheid gebruik vir ‘n stileerde fotosessie geïnspireer deur liefde.  Met die samewerking van plaaslike verskaffers wat deel is van die ncweddings famlie wil ons dit moontlik maak.  Ons deel graag hierdie vrolike, helderkleurige inspirasie idees om jou Valentynspiekniek spesiaal te maak.  Asemrowend mooi fotos geneem deur Jonelda van Heerden.

leaf

10km buite Upington is ‘n prag tuin, omring deur lieflike wingerde by d’Wingerdskuur.  Die ouwêreldse geboue en opgeknapte plaas skuur is die perfekte agtergrond vir jou makietie sou jy jou troue daar beplan.  Dit is hier waar ons ook ons gestileerde fotosessie laat plaasvind het.

Melissa van der Colff doen spyseniering uit die boonste rakke. Sy het vir ons ‘n besonderse nagereg in ons piekniek mandjie gepak: ’n Dekadente wit sjokolade mousse met fudge stukkies, bedien met heerlike vars vye en framboosbessies in seisoen. Melissa sê: “mousse is ’n gunsteling nagereg omdat dit lig is vir die warm somerdae en redelik vinnig is om aanmekaar te slaan!”

Die sout eethappies is verskaf deur Pepper & Spice. Dalene en Wiliana is entoesiastiese sjefs met ‘n ware passie vir kos en diens. Wiliana vertel dat ’n persvy sy eie liefdestaal praat en as iemand aanbied om jou granaat te ontpit, sê dit toewyding en BAIE geduld. Die sout van geroosterde halloumi kaas, salami en spanspek is pasmaats op ‘n stokkie. Aspersies toegedraai in swartwoudham en miniatuur burgers is perfek vir ‘n self, aanmekaarslaan happie. Droë vonkelwyn in ‘n dun, kristalglas en swart bessies rond die liefdesmaal mooi af.

Lize-Jean en Zander was ons twee modelle.  Dit was immers nie nodig vir “kamma” glimlag of verlief “pose” nie.  Die twee straal van waardering vir mekaar en kan nouliks wag vir hul belofte dag in Maart.  Lize se rok is geborg deur Tiketa klere boutique en haar juwele deur Elzanne van der Linde van Miglio.  Albei is hoogs aan te beveel as valentynsgeskenk idees vir die manne.

Ansori Badenhorst van Jafah Beautiful Ashes het besluit op ‘n sagte, romantiese haarstyl.  Eenvoudig, maar tog spesiaal vir enige geleentheid.  Sy het sagte krulle gekies en dit afgerond met ‘n pêrelvlegsel.  Juline Harris van Clinic Juline het Krylon se grimering gebruik met onderlaag en fyn poeier wat ‘n baie sagte basis vorm waarna grimering aangewend kan word. Juline sê; “Die oogskadu en blos is ook subtiel in kleur vir ‘n romantiese voorkoms en die lipstiffie is blywend vir ure na aanwending.  Definitief ‘n goeie produk om aan te skaf vir spesiale, asook elke dag se grimering.”

Liefde is ‘n geskenk, en die wat ware liefde in die lewe vind is bevoorreg. Koester mekaar elke dag van die jaar en sou jy nog nie iets beplan het vir hierdie spesiale koesterdag nie, mag ‘n Valentynspiekniek die perfekte manier wees vir jou om jou liefde te bederf.

Truandie Louw
Web Designer
& Bloggist

A wife and mother. Promoter of noticing the beauty of the little things in life. Owner of ncweddings.co.za 

NC Weddings | Northern Cape Wedding | green kalahari | south africa
Only the best in comprehensive wedding supplier choices and innovative ideas to plan your Northern Cape dream wedding.
www.ncweddings.co.za

Wedding Expo 2023 Magazine

Wedding Expo 2023 Magazine

Wedding Expo Magazine  Kalahari Mall successfully hosted their first-ever Wedding Expo, which took place on 1 to 5 September 2023 at Kalahari Mall located in Upington, Northern Cape. This event was a true celebration of love and a remarkable gathering of...

read more