’n Groot Dag op ’n Klein Begroting
Pragtige foto’s geneem deur Jonelda van Heerden Fotografie met die trou van Louis & Lianca Steyn.
Hierdie artikel is in afrikaans geskryf agv afrikaanse koerant publikasie.
Om ’n troue te beplan is ’n uitdaging. Om egter ’n troue op ’n klein begroting te beplan, is ’n kuns. Die opwindende tyd in jou lewe lê voor die deur en om verloof te wees en jul groot dag saam te beplan moet ’n onvergeetlike en lekker ervaring wees. Maar tog is die realiteit vir talle bruidspare die gestoei om ’n begroting te laat klop en steeds jou unieke sprokieverhaal uit te leef. In vandag se tyd speel geld verseker ’n rol. Beplan dus jou geldsake deeglik deur te sny waar dit moontlik is en nie te voel jy verloor op die droom wat jy gehad het vir jou dag nie.
Stap een is om uitsluitsel te kry oor hoeveel fondse jul beskikbaar het en hoeveel jul bereid is om te spandeer. Om ’n volledige begroting op te stel wat letterlik alles vir die troue insluit, verseker effektiewe beplanning en koste besparing.
As dit kom by jou verskaffer keuses is dit uiters belangrik om jou huiswerk te doen. Vergader en vergelyk pryse, maar maak ook seker dat jy na vorige troues kyk en die kwaliteit van die verskaffer se dienste sien. Partykeer mag goedkoop koop, in duurkoop uitdraai.
Moenie bang wees om hulp te vra by jou netwerk nie. Benader jou vriendekring en span hul vaardighede en kontakte in. Elkeen is opgewonde om jul dag saam te geniet en sal nie skroom om te help waar hul kan nie.
Hou jou oë oop vir ‘doen dit self’ idees. Soveel dekor items kan handgemaak word. Span jou bruidsmeisies in en bespaar deur dekor elemente self aanmekaar te slaan. Loer op die internet vir vernuut “printables” wat pragtig en steeds professioneel lyk.
Koop blomme vars op die mark en gebruik keuses wat in seisoen is. Deur klein tafels vir ’n paar langer of groter tafels te ruil, bespaar jy op ruikers, tafeldoeke en dekor. Kies ’n minder populêre troudatum en spaar op troudienste of lokaal kostes. Probeer die gastelys so fyn as moontlik sny deur byvoorbeeld metgeselle uit te sny. Bedien jou troukoek sommer as nagereg of huur jou trourok instede van koop.
Daar is egter plekke waar mens nie hoeke moet sny nie. As dit kom by jou spyseniering, fotograaf en DJ. Bederf jou gaste met goeie kos, kies ’n talentvolle fotograaf wat pas by jou unieke styl en voorkeure, en verseker ’n sosiale atmosfeer met kwaliteit klank toerusting en ’n DJ wat goeie musiek smaak het. Jou trou fotos is al wat jy het om op terug te kyk en in meeste gesprekke spog familie en vriende oor die lekker kos en die goeie kuier.
Mag hierdie wenke lei tot ’n onvergeetlike dag en ’n huwelik vol liefde en pret. Moenie vergeet om gebruik te maak van ncweddings.co.za vir die beste Noord-Kaap verskaffer keuses nie. Lekker beplan!
Truandie Louw
Web Designer
& Bloggist
A wife and mother. Promoter of noticing the beauty of the little things in life. Owner of ncweddings.co.za
Only the best in comprehensive wedding supplier choices and innovative ideas to plan your Northern Cape dream wedding.
www.ncweddings.co.za
Wedding Expo 2023 Magazine
Wedding Expo Magazine Kalahari Mall successfully hosted their first-ever Wedding Expo, which took place on 1 to 5 September 2023 at Kalahari Mall located in Upington, Northern Cape. This event was a true celebration of love and a remarkable gathering of...
It’s A New Season
We turn the page to new ownership and congratulate Laetitia Strauss & Colette Botha.
RSVP “Maybe” ?
Postpone, cancel, or forge ahead? A pandemic just isn’t a part of a bride’s plans.
The Idea of Elopement
PART 2 – A hurried flight away with one’s beloved, with the intention of getting married.
Let’s Elope in the Northern Cape!
PART 1 – A group of ncweddings vendors joined to create this beautifully styled shoot!
Ladies Function 2019
This year we were thankful to host guest speakers Dr Ledivia and Rolene Strauss.